
=====================================================================
Jongste ng raap Pendoring se 'prestige' op (AV 5:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Jongste ng raap Pendoring se 'prestige' op

Wilma de Bruin   hou nabetragting oor vanjaar se Pendoring toekennings vir voortreflikheid in Afrikaanse reklame.

DIE jaar van die jonges. Nie die jaar van radio nie. S sal Pendoring '98 in die annale opgeteken word.

Vir die land se ontluikende span Afrikaanse kopieskrywers en reklameskeppers was vanjaar se Pendoring bekroningsaand op 4 September by 
Vodaworld, Midrand, 'n waterskeidingsgeleentheid. Nie net het di jong bloed die jongste prestigepryswenner ng opgelewer nie, maar ook 'n 
fris oes finaliste n 'n hele paar wenners.

Die 25-jarige Annelie Strydom   van Kaapstad was skoon uit die veld geslaan toe sy hoor dat sy vanjaar se algehele wenner is. Haar 
vindingryke bo-die-lyn-veldtog vir Nasionale Tydskrifte (Sarie) op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees het vir haar di gesogte prys in 
die sak gebring.

Di mooi bruinkop het die graad B.Com. aan die Universiteit van Port Elizabeth verwerf, waarna sy 'n diploma aan die AAA School of 
Advertising voltooi het. Sy het by verskeie reklameagentskappe gewerk voordat sy haar anderhalf jaar gelede by Bosman Johnson FCB 
aangesluit het.

Annelie se ewe jong kollega by Bosman Johnson FCB, Liezl-Mari van Rensburg   (23), was 'n finalis in dieselfde kategorie.

In die kategorie onder-die-lyn is Shani Ahmed   (kopieskrywer) en skeppende hoof Paul Carstens, ook van Bosman Johnson FCB, met 'n 
Pendoring bekroon vir 'n Klein Karoo Nasionale Kunstefees promosie vir Klipdrift.

Nog 'n Kaapse wenner -- wat onlangs uit die Moederstad na Nieu-Seeland verhuis het -- was Zirk van den Berg,   tot onlangs toe kopieskrywer 
by Berry Bush/BBDO in Kaapstad. Vir sy prettige hondekos-advertensie, Blafana Blafana, het hy met die louere weggestap in die 
koerantkategorie.

In die Noorde het nog twee bloedjonges van TBWA Hunt Lascaris -- Hanneke Schutte   en Magriet Kruger (wat pas verlede   jaar by die AAA 
School of Advertising in Johannesburg klaar gestudeer het) -- in die tydskrifkategorie gesevier met Duimpie se maat vir Nuk fopspene.

Die jong wyn-en-kondoom-smous en PUNT-omroeper Chrisjan Fourie   het saam met die Pendoring-veteraan Madelet du Plessis   sy stempel 
afgedruk in die kategorie vir veldtogte onder die lyn.

"Afrikaans is soos 'n vrou met 'n los tong. Haar stories versprei soos 'n veldbrand, maar hr huis brand nooit af nie, want sy weet nt 
hoe om haar s te s. Ons fokus is hoofsaaklik op die Afrikaanse sny van die reklamekoek en dis beslis die een met die kersie op. Elke sent 
wat ek verdien, verdien ek met Afrikaans," s Chrisjan.

Di jong bloed is klaar besig om die reklamebedryf op horings te neem met Afrikaans en gaan Afrikaanse reklame tot nuwe hoogtes voer, reken 
die reklameveteraan en '96 Pendoring prestigepryswenner Johan Roux.

Kollega Madelet du Plessis stem volmondig saam. "Deesdae raak ons ou geriatrics baie opgewonde as ons sien hoe die jong skrywers presteer. 
En ek merk met groot vreugde die skeppende talent wat uit die AAA School of Advertising te voorskyn kom, wat ook lustig in Afrikaans skep. 
Aan di jonges het ek net n boodskap: Hou asseblief so aan, blaas hoog Die Vlam en laat Die Vaandel wapper vir Volk en Taal (en vir 
hierdie ou aantie se spoedige aftrede). Viva Afrikaans!"

Onder die "ouer garde" het Du Plessis en Roux, asook die staatmaker Ian Smith, nietemin in vanjaar se Pendoring bewys dat hlle 
reklamepenne nog lank nie stomp geword het nie. Trouens, uit di drie se reklameportefeuljes het daar nog elke jaar van die voortreflikste 
Pendoring werk gekom.

Saam met Chrisjan Fourie het Madelet in die kategorie vir veldtogte onder die lyn gesevier. Daarbenewens was haar TV-flits vir Vodacom, 
getiteld Nartjie, en haar onder-die-lyn-inskrywing vir Radiosondergrense albei finaliste.

Johan Roux het hom weer meester van die reklamewoord bewys deur al drie finaliste te lewer -- en natuurlik die wenner -- in die kategorie 
Beste advertensie oorspronklik in Afrikaans geskep. Di TV-advertensie, Perderuiter (vir die Klein Karoo Nasionale Kunstefees), het hom sy 
tweede Pendoring -- in die TV-kategorie -- in die sak gebring.

In die kategorie vir beste nuwe klinkrel/uitdrukking/begrip was Ian Smith se "Suutjies-Suip" vir Toyota 'n finalis. Twee "Souties" -- Mike 
Barnwell (kopieskrywer) en Mike Schalit (skeppende direkteur) van die agentskap Net#work -- het in di kategorie met die louere weggestap 
vir die trefrel "Hoezit my Bra" vir Big & Tall klerewinkels.

Ander nuwelinge wat hul debuut as wenners van Pendorings gemaak het, was Jaco de Wet   en Coenie de Villiers van Radio Oranje   vir hul 
treffende buitelugadvertensie "Ore".

In die studentekategorie het die skeppende span Mandie van der Merwe   (kopieskrywer) en Gareth Paul   (skeppende direkteur) van die AAA 
School of Advertising 'n Pendoring verower vir die Nando's advertensie "Hoendervleis".

Die stemkunstenaar en akteur Pierre Knoesen   is deur die beoordelaars as die beste uitvoerende kunstenaar aangewys.

Opvallend afwesig vanjaar onder die Pendoring wenadvertensies was radioflitse. Hoewel dit in die kategorie Beste advertensie oorspronklik 
in Afrikaans gekonseptualiseer en uitgevoer, en in di vir veldtogte bo die lyn as finaliste aangewys is, het die radiokategorie as geheel 
nie vanjaar die mas opgekom nie. Volgens die beoordelaars is daar nie aan die beoordelingsnorme van kreatiwiteit, oorspronklikheid, 
trefkrag en verbeeldingrykheid voldoen nie en is daar vir die eerste keer in Pendoring se geskiedenis geen finaliste in di kategorie 
aangewys nie. (Wendy Moorcraft   van TBWA Hunt Lascaris is darem eervol vermeld vir haar radio-advertensie "John" vir Pharma Natura.)

Aangesien radio een van die min mediums is wat kopieskrywers die geleentheid bied om nog in Afrikaans te konseptualiseer en te skep, het 
di besluit behoorlik 'n knuppel in die hoenderhok gegooi en tot 'n lang vergadering tussen organiseerders van die wedstryd en die 
Kopieskrywersforum gelei.

By di geleentheid is die stand n toekoms van Afrikaanse reklame indringend bespreek en is besluit om Afrikaans as reklametaal op 'n 
gesamentlike dinkskrum met 'n 'nuwe oog' te bekyk, bepeins en beplan.

Aspekte waaroor besin sal word, is sake soos kreatiewe Afrikaans, die rol van humor (in watter stadium is dit funksioneel en wanneer is dit 
oordadig) en Afrikaans as getransformeerde taal.

Daar sal ook 'n plan van aksie vasgel word om Afrikaans "begeerliker" te maak as reklamemedium. Die moontlikheid van 'n omvattende 
"reklameveldtog met di doel voor o is ook nie uitgesluit nie.

Tans is daar 'n geneigdheid by al hoe meer maatskappye en organisasies om slegs in Engels te adverteer ten spyte van die indrukwekkende 
koopkrag van Afrikaanssprekendes.

Die feit dat die Klein Karoo Nasionale Kunstefees vanjaar verreweg   die meeste Pendoring finaliste opgelewer het, toon duidelik dat al hoe 
minder produkte in Afrikaans geadverteer word. En met al hoe minder agentskappe wat voltydse Afrikaanse kopieskrywers in diens het, is die 
toekoms van die Afrikaanse kopieskrywers in 'n groot mate in gedrang.

Hopelik gaan Afrikaanse reklame dus nie net groot baat vind by di dinkskrum nie, maar gaan bemarkers met nuwe o na die moontlikhede van 
Afrikaanse reklame kyk. Wilma de Bruin,   redakteur van "Jou Geldsake", 'n bylae by Beeld, is mediakordineerder vir die Pendoring 
toekennings.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5419.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1998 /// 'n Taalstroom waaruit almal kan drink (AV 5:4) /// 
'Maak Afrikaans 'n inklusiewe Afrika taal' (AV 5:4) /// 'Met 'n los lit kom jy nie ver nie' (AV 5:4) /// ns Afrikaans vir vandag (AV 5:4) 
/// Oor taalruimte en vennootskappe (AV 5:4) /// ONS LESERS SKRYF (AV 5:4) /// Boeklose Renaissance kan nie slaag nie (AV 5:4) /// Jy kan 
s SKS staan vir So Karoo Soos ... (AV 5:4) /// Afrikaans se veilige hawe elders (AV 5:4) /// Lag of huil oor di musiek? (AV 5:4) /// Di 
volksmusikus kom van ver af (AV 5:4) /// Goeie musiek kook al hoe kwaaier (AV 5:4) /// Die bedreiging kom van binne (AV 5:4) /// 
Intellektuele inhoud ontbreek (AV 5:4) /// Afrikaans het biegkamer nodig (AV 5:4) /// Herinneringe aan 'n Wes-Kaapse winter (AV 5:4) /// 
Nederlandistiek kongresse aan die Kaap (AV 5:4) /// Moet Afrikaans en Nederlands se paaie skei? (AV 5:4) /// Jongste ng raap Pendoring se 
'prestige' op (AV 5:4) /// Afrikaanse reklame val van 'n Engelse perd (AV 5:4) /// Die land van braaivleis, sonskyn en Chevrolet (AV 5:4) 
///

